Azerbeidjanse Sosialistiese Sowjetrepubliek

Azerbeidjanse Sosialistiese Sowjetrepubliek
Азербайджанская Советская Социалистическая Республика
Vlag van Azerbeidjanse SSR Wapen van Azerbeidjanse SSR
Vlag Wapen
Volkslied: Internasionale Volkslied van die Sowjetunie
Ligging van Azerbeidjanse SSR
Hoofstad Bakoe (ook Baki gespel)
Grootste stad Bakoe
Amptelike tale Geen
De facto: Azerbeidjans, Russies
Regering
Sosialisties
Onafhanklikheid
Bestaan
van
tot


28 April 1920
12 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
86 600 km2  (9de in USSR)
Bevolking
 - 1989-skatting
 - Digtheid
 
7 037 900 (6de in USSR)
81,3 / km2
Geldeenheid roebel (RUB)
Tydsone
 - Somertyd
+5 (UTC)
+5 (UTC)
Internet-TLD .su
Skakelkode +

Die Azerbeidjanse Sosialistiese Sowjetrepubliek (Azerbeidjans: Azərbaycan Sovet Sosialist Respublikası; Russies: Азербайджанская Советская Социалистическая Республика, Azerbaidjanskaja Sowjetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as die Azerbeidjanse SSR, was een van die republieke van die Sowjetunie.

Die republiek is op 28 April 1920 gestig. Van 12 Maart 1922 tot 5 Desember 1936 was dit saam met die Armeense Sosialistiese Sowjetrepubliek en die Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek deel van die Transkaukasiese SFSR – dié het in Desember 1922 deel geword van die pas gestigte Sowjetunie. Die TSFSR is in 1936 ontbind.

Op 19 November 1990 is die Azerbeidjanse SSR hernoem tot die Republiek van Azerbeidjan, wat deel gebly het van die Sowjetunie tot sy verbrokkeling in 1991.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search